top of page

HUWELIKE EN KONFERENSIE LOKAAL

BY UITZICHT

blaar1.png

WEDDING VENUE

protea1.png
Venue

Die moderne onthaal saal kan tot 120 gaste fasiliteer. Daar is ‘n kroeg area wat uitkyk oor die swembad area en lapa. Asemrowende uitsigte oor die Maluti berge kan hiervandaan gesien word. Die fasiliteit is so ontwerp om te verseker dat die trou paartjie en hulle gaste deel word van die pragtige omgewing en uitsigte. Buffet etes word bedien in die eetsaal terwyl ons Sjefs verskeie watertand etes voorberei. Kwotasies is beskikbaar op aanvraag.

 

Vir die natuurliefhebbers reël ons tuin troues wat uniek aan elkeen se smaak voldoen. Die tuine, swembad en lapa area vorm deel van die omgewing en is geskik vir kleiner troues.

Asemrowende uitsigte van die alomliggende bergreekse bied skitterende agtergrond vir troues, afhangend van elke paar se unieke smaak.

‘n Romantiese bos troue geleë op die plaas, bied die perfekte omgewing vir die avontuurlistige trou paar met ‘n liefde vir die skone natuur, en wat gebruik wil maak van die ongerepte natuur vir hul seremonie.

 

Buitelig troues en funksies kan verskuif word na een van ons sale sou die weer of onvoorsiene omstandighede dit noodsaak. Daar is ‘n knus oop grot beskikbaar vir kleiner troues of funksies sou die geleentheid hom voordoen, met toilet geriewe.

Daar is 80 beddens beskikbaar op die plaas. Indien ons ten volle bespreek is, sal ons behulpsaam wees met alternatiewe verblyf reëlings. Ons is voorbereid vir enige gebeurtenis.

 

U troudag by Uitzicht sal beslis sorg vir onvergeetlike herinneringe.

Kwotasie op aanvraag - Aantal gaste en jou behoeftes bepaal die kwotasie.

 

 

blaar3.png
Video Media

KONFERENSIE LOKAAL

Ons het drie konferensie fasiliteite beskikbaar om in u behoeftes te voorsien. Die groter saal kan tot 100 gaste akkommodeer. Alle noodsaaklike toerusting is beskikbaar. Die konferensie sentrum kan tot 50 gaste akkommodeer. Maaltye en verversings is beskikbaar op aanvraag. Buite braai kan gereël word vir gaste wat van die konferensie fasiliteite gebruik, indien die weer dit toelaat.

U kan wildsritte tydens sonsondergang ervaar en moet dit vooraf gereël word.

 

Ervaar ‘n konferensie van ‘n leeftyd in die oorhang krans en wees deel van die natuur. Daar is toilet geriewe en kan tot 40 persone daar konferensie hou.

Kwotasie op aanvraag - Aantal gaste en jou behoeftes bepaal die kwotasie.

protea1.png
Conference
Gallery

U troudag op Uitzicht gaan beslis

 'n onvergeetlike ervaring wees

bottom of page