top of page
blaar3.png

JAG BY UITZICHT

Die jag vind plaas in ‘n omgewing met ‘n ongelooflike uitsig. Dit is ‘n vlakte jag op sy beste en daar kom 15 wild spesies op die plaas voor. Die akkommodasie is uitstekend en alle benodighede sal voorsien word. Zebra eenheid en indien nodig word Wildebees eenheid ook gebruik vir jagters.

 

Die eienaar, Wynand Pieters en sy pa Johan Pieters hanteer elke jag persoonlik en daar word vanuit ‘n bakkie gejag. Elke jaar word sekere wild beskikbaar gestel vir jag doeleindes. Elke jagter sal beslis die geleentheid kry om met wildsvleis huis toe te gaan. Jag op Uitzicht is ‘n onvergeetlike ondervinding. Die jag omgewing verander deurentyd en die omgewing is bergagtig met plato’s en elke oomblik ‘n nuwe avontuur.

 

Geen drank word op die bakkie toegelaat nie, want u veiligheid is vir ons ‘n prioriteit. Gedurende koue weersomstandighede, sal OBS in matigheid toegelaat word om die bloedsomloop aan die gang te hou. Uitzicht is baie gewild vir korporatiewe, asook gesins jag. Daar is genoeg geleentheid om besigheids en gesins verhoudinge op te bou, asook vriendskappe te verstewig.

 

Ons benadering is wild en bewaring en die jagter se veiligheid kom eerste.

Maak seker jy bespreek vroeg in Januarie / Februarie om teleurstelling te voorkom

blaar1_edited.png

Ons benadering is natuurbewaring en die jagters se

veiligheid is ons prioriteit.

bottom of page